Dit lyk soms asof dit byna onmoontlik is vir sterre om 'n suksesvolle huwelik te hê. Maar die sangeres Avril Lavigne en haar man, die Nickelback-sanger Chad Kroeger, het reëls opgestel om te verseker dat hulle s'n werk. Avril het dié reëls met People gedeel.

Maak tyd vir mekaar – “Ons spandeer nooit meer as twee weke apart  nie.” Dit is om dié rede dat Avril binnekort in Suid-Afrika gaan wees wanneer haar man se groep hier kom toer.

Geniet die eenvoudige dinge – Tussendeur hul besige skedules smag hulle daarna om net alleen by die huis te wees. “Ons vakansie is ons huis!”

Geen drank – Die paartjie drink nooit by sosiale geleenthede as die ander een nie saam is nie. Hulle gaan ook nie na nagklubs toe sonder mekaar nie. “Ons gaan nie soek vir moeilikheid nie,” sê Avril.

Dié paartjie is vroeër vanjaar getroud in regte rocker-styl. Sy het ’n swart rok gedra met swart rose!

Lees hier watter celeb-paartjies se huwelik hou!