Dit was asof die hele wêreld 'n sug van verligting geslaak het toe 'n motor met donkervensters na die privaatingang van die Lindo-vleuel van die St. Mary-hospitaal gery het. Dit kan net een ding beteken - Katherine, die hertogin van Cambridge, maak gereed vir baba Cambridge se koms.

Só gaan die babakamer lyk

Asems is die afgelope weke opgehou toe 'n bron glo aan die media gesê het dat 13 Julie D-dag is. Maar Saterdag het gekom en gegaan. Camilla, die hertogin van Cornwall het vroeër genoem dat dit moontlik voor die einde van die week kan wees. En Kate se ma, Carole Middleton, het blykbaar aan vriende gesê dat haar eerste kleinkind dalk onder die sterreteken van die Leeu (23 Julie - 22 Augustus) gebore kan word.

Ontmoet William en Kate se viervoetige 'kind'

Maar die kleinding het sy (of haar!) eie koninklike tyd geneem en besluit vandag is die dag. Wanneer baba Cambridge gebore is, sal 'n koninklike amptenaar by die ingang van die hospitaal 'n koevert hê met al die inligting oor die baba. Dié koevert sal aan 'n koninklike bode oorhandig word wat dit na Buckingham-paleis neem waar dit uitgestal sal word vir die publiek om te aanskou.

Die naam ...

Dit is steeds nie duidelik wat die kleinding se naam of geslag gaan wees nie. Die Paleis het die week bevestig dat die kleinding se titel die prins of prinses van Cambridge sal wees. Pa William se amptelike titel is prins William, hertog van Cambridge, en ma Kate is Catherine, hertogin van Cambridge.

Dié hertogin is beslis die stylkoningin

Hello! berig dat Kate en William 'n kortlys vir hul baba se naam het, maar nie sal besluit voordat hy of sy gebore is nie.

Dit mag dalk 'n tydjie duur voordat hulle die naam ná die geboorte bekend maak. William se ouers, prins Charles en Diana, prinses van Wallis, het 'n week gewag voordat hulle William se naam bekend gemaak het. Prins Andrew en Sarah, die hertogin van York, het twee weke gewag voordat húl oudste se naam, Beatrice, bekend gemaak is, en koningin Elizabeth het 'n volle maand gewag voordat sy bekend gemaak het dat hulle "Charles" vir hul eersteling gekies het.

Bronne: Beeld, Hello!