Kykers van The Style Network-realiteitsreeks, Giuliana & Bill, "loop" al 'n hele ruk die wipplank-paadjie na swangerskap saam met Giuliana (37) en Bill Rancic (40). Ná vrugbaarheidsbehandeling, 'n miskraam, borskanker en 'n dubbele mastektomie het Giuliana, bekende aanbieder van E! News en The Fashion Police, aangekondig dat hul eersteling met die hulp van 'n surrogaat op pad is.

Die paartjie weet reeds wat die geslag van hul baba is, maar probeer dit so lank moontlik 'n geheim hou. Volgens berigte woon die surrogaatma in 'n ander staat, maar die paartjie vergesel haar met elke doktersbesoek.

* Kyk die video waarin Giuliana en Bill die goeie nuus op die Today Show met kykers deel.

* Het jy ook 'n soortgelyke storie? Deel jou storie met ons.