Jare lank was die talentvolle akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts goeie vriende en kreatiewe vennote. ’n Verhouding was nooit vir hulle ’n fokus nie. Al wat saak gemaak het, was om deur hul werk stories te vertel. Maar verlede November het hulle besluit om uit te gaan. In Mei vanjaar het Ivan in Nederland vir Donnalee gevra om te trou, het hulle met SARIE gedeel.

Donnalee, wie se ouma Lenie van Holland af kom, wou nog altyd Nederland besoek. En om tulpe, haar gunsteling-blom, te sien, was hoog op haar wenslys.

BUCKETLIST ?????? ????????????????????????????????????????????????????????????????????

A post shared by Donnalee Roberts (@donnalee_r) on

Vir jare is Ivan en Donnalee al deel van die SARIE-familie. Uit hul pen het die lokettreffers Pad Na Jou Hart (2014) en Vir Altyd (2016) gekom. Nie net het hulle die draaiboek geskryf nie, dié twee het ook die hoofrolle vertolk en die rolprente vervaardig! SARIE was ’n mediavennoot van albei projekte.

Vir Donnalee en Ivan was die verlange na die verhoog nog altyd daar. En verlede jaar het hulle saam in die stuk Beurtkrag gespeel, wat by Aardklop, Woordfees, KKNK en Inniebos opgevoer was.

“Ons kom albei van die verhoog af. Dit was die kern van ons opleiding. En om weer op die verhoog te kan wees en saam te speel is opwindend,” het Ivan verlede jaar aan SARIE gesê.

Nou werk hulle aan hul derde rolprent, waarvan SARIE weer ’n trotse vennoot is. Geluk, Ivan en Donnalee! Ons klink ’n glasie op jul blink toekoms.

Geluk, Ivan en Donnalee! Ons klink ’n glasie op jul blink toekoms.