Bakgat! 2 se CD is 'n lekkerluister-samestelling. The Film Factory gaan later die maand Bakgat! 2 landwyd bekendstel. En vir dié wat die fliek se beste oomblikke verder wil beleef, sal daar 'n CD, Bakgat! 2 Eerste Jaar Treffer Mix!, ook wees. Dit gaan rof wees met groepe soos Die Heuwels Fantasties, Gazelle, Straatligkinders, Glaskas,  Van Coke Kartel en nog so 'n paar ander plaaslike groepe.
Drie van die liedjies is spesiaal vir die fliek geskryf en kan slegs op die CD gekry word. Dit is Die Heuwels Fantasties se Doodgewone Aand, Cherié van der Merwe se Stille Waters en Simon Schofield se You.

Simon Schofield se You en Glaskas se Bring maar nog se musiekvideo's is ook spesiaal vir die fliek gemaak.

Kyk hoe het die sterre van Bakgat!2 aangetrek vir die première!

Die liedjies op die CD lyk belowend:

  1. Die Heuwels Fantasties - Doodgewone Aand
  2. Straatligkinders - Gewonde Standbeeld
  3. Van Coke Kartel - Voor ons stof word
  4. Gazelle - Die Verlore Seun
  5. Glaskas - Golflengte Verkeerdom
  6. Jax Panik - Talking to Myself
  7. Die Heuwels Fantasties - Hyg Duiwel (Mr. X remix)
  8. Marsmoeras en Sean met die Bril - Word Wakker
  9. Ef-El - Sindikaat
  10. Die Ryno Velvet Band - Oktober
  11. Simon Schofield - You
  12. Glaskas - Bring Maar Nog
  13. Die Seks - Rolmodel Mode
  14. Cherié van der Merwe - Stille Waters
  15. Suzzi & The Swanz - Nostalgie Tref
  16. Die Heuwels Fantasties - Pille vir Kersfees
  17. Ef-El - Die Here Weet