Ouderdom is geen probleem vir ons gunsteling-pop nie. Sy't Maandag 9 Maart 50 geword en lyk mooier as ooit! Volgens www.barbie.com was die groot partytjie Sondagaand by haar droomhuis in Malibu. Barbie het ook haar eie mode-vertoning by die Mercedes-Benz Fashion Show op 14 Februarie gehou. En om alles te kroon het Fiat vir haar 'n spesiale weergawe van die Fiat 500 laat ontwerp (sien foto hieronder). (Klik hier om te sien waar Barbie nog gaan partytjie hou vanjaar.)

Gedink jy ken jou Barbie? Hier's die feite:

  • Haar regte naam is Barbie Millicent Roberts en sy woon in Willows, Wisconsin.
  • Ruth Handler, medestigter van Mattel, het Barbie (in daardie wit-en-swart gestreepte swembroek met die kenmerkende poniestert) in 1959 bekend gestel - sy't vir 'n skamele $3.00 verkoop.
  • Barbie het 4 susters: Skipper (1964), Stacie (1992), Kelly (1995) en Krissy (1995).
  • Haar eerste troeteldier was 'n perd genaamd Dancer.
  • Ken was Barbie se kêrel sedert 1961. Hulle het op Valentynsdag in 2004 uitgemaak né 43 jaar saam.
  • Die topverkoper-Barbie was die Totally Hair Barbie - wat hare gehad het wat tot op haar voete hang.
  • Meer as 70 mode-ontwerpers het al vir Barbie klere ontwerp. (Vir die verjaardagmodes, klik hier.)
  • Barbie het al meer as 108 inspirerende loopbane gehad.
  • Haar kenmerkende kleur is Barbie-pienk (PMS 219).

Sluit aan by die Barbie-facebookgroep, klik hier.