Die Victoria Secret-model Behati is onlangs verloof aan die Maroon 5-sanger Adam Levine, maar nie eers dít kan dié model se fokus verbreek nie. Met al die feesvieringe en gelukwensings ná die verlowing aangekondig is, het Behati nie haar gesonde gewoontes laat gaan nie ...

Wat sê Behati se pa oor sy aanstaande skoonseun? Lees hier!

Hoe kry Behati haar modellyf?

"Wanneer ek by die huis (in New York) is, doen ek Pilates of joga drie keer 'n week. Wanneer ek reis probeer ek soveel moontlik buitemuurse aktiwiteite doen - ek geniet staptogte en branderplankry. Maar ek oefen nie elke dag nie ..."

Natuurlik eet sy ook baie gesond. "Maar in die somer eet ek gesonder as in die winter."

In die somer wíl ek slaai eet en baie water drink.

Die somer is ook wanneer sy op haar sexyste voel. "Mense kla as dit warm is, ek is mal daaroor!" Dis seker haar Suid-Afrikaanse bloed en Namibiese grootwordjare wat hierdie liefde gekweek het.

Sy erken aan iDesign dat sy eerder gesonde gewoontes kweek as om 'n streng dieet of oefenprogram te volg. En duidelik werk dít vir haar!

screen_shot_2013_08_01_at_8.56.00_am_630w

Oor Adam ...

adam_levine_behati_getty_310w"Ek was baie opgewonde én sprakeloos. Dit was 'n pragitge oomblik. Hy was 'n ware heer en het dit reg gedoen - my ouers voor die tyd gebel, op sy knie gesak ..."

Waar gaan die troue plaasvind? Dalk in SA? Vind hier uit

"Ons is baie gelukkig om die nuwe hoofstuk in ons lewe te begin ..."