"Ek't ophou suiker eet vanweë die diabetes, en toe verloor ek 15 kilogram in vier maande. Dis wonderlik!" het Baldwin onlangs gesê. En boonop gaan hy uit met joga-instrukteur Hilaria Thomas.

"Ek doen pilates en spinning, maar sou graag meer joga wil doen. Wanneer ek aan 'n fliek of 'n reeks skiet kan ek nie oefen nie, en moet ek maar net minder eet. Suiker was my ondergang," het Baldwin gesê.

Baldwin is nie die enigste 30 Rock-ster wat gewig verloor het nie: Tina Fey en Jane Krakowski het albei hul lywe terug ná hul swangerskappe in 2011.

**Klik om te sien hoe Alec Baldwin 4 maande vantevore gelyk het