Kathering Heigl se broer het op ouderdom 15 jaar in 1986 verongeluk - 'n gebeurtenis wat hul lewens in 'n oogwink verander het. Niks sou ooit weer dieselfde wees, maar dit beteken nie dat hulle nie kon aangaan met hul lewens nie.

"Dis een van daardie gebeure in 'n familie wat die dinamika vir ewig verander. Dinge is dan nie noodwendig afdraend van daar af nie, maar die familie wat ons was voor sy dood en die familie wat ons nou is, is nie dieselfde nie.

"Ons is ontsettend bewus daarvan dat die lewe kosbaar is. En al dink 'n mens soms, 'ag, kon hy nie maar op die voorste sitplek eerder as op die agterste een gesit het nie', weet ons ons moet mooi dink oor ons keuses," sê Katherine.

Sy sê hulle het oor die jare besef dat dinge soms sonder waarskuwing gebeur en dat hulle nie die perfekte gesin is nie.

"Ons aanvaar nie mekaar as vanselfsprekend nie."