Haar suster en mede- kreatiewe direkteur vir Twenty8Twelve (hul eie mode-handelsmerk), Savannah, het aan Vogue gesê dat dit baie goed gaan met Sienna en dat Tom 'n wonderlike man is.

Sienna se stiefma, Kelly Hoppen, het egter ontken dat Tom al die groot vraag gevra het.

"Sienna is beslis nie verloof of op die punt om te trou nie, sy is wel swanger," het Hoppen gesê.

Ná daar onlangs in die media berig is dat dié twee susters die leisesl van Twenty8Twelve oorgegee het, het Savannah wel op Twitter bevestig dat nié as gevolg van die babas is nie.

Sienna Miller is die gesig van Boss Orange, 'n Hugo Boss-parfuum.