Die 23-jarige Emma Watson was reeds op 'n vroeë ouderdom 'n ster danksy haar rol in die bekende Harry Potter-reeks. En sedertdien het sy bewys sy is een van 'n handjie vol jong talentvolle aktrises in Hollywood op die oomblik. Sy speel nou die hoofrol in die bekende regisseur Sofia Coppola se langverwagte film, The Bling Ring, wat baie positief by die Cannes filmfees ontvang is.

Ten spyte van haar florerende beroep, het sy besluit om binnekort terug te keer universiteit toe. Sy is reeds vanaf 2009 aan die Brown Universiteit geregistreer. Hier kon sy haar eie vakke en die tydperk kies waarin sy dit wil afstudeer. Dié universiteit laat ook ruimte vir self-studie en navorsingsmodules wat dié aktrise tussendeur haar akteursloopbaan gevolg het.

Ek was in beheer van my eie opvoeding sedert ek 9 of 10 jaar oud was - toe ek met die Harry Potter-films begin het. Ek hou daarvan om op my eie te studeer en onafhanklike navorsing te doen. Dít trek 'n sekere tipe student aan - een wat in beheer wil wees van wat hulle leer.

Sy loop op die oomblik klas by die New York Universiteit, maar sukkel hier om haar privaatheid te handhaaf sonder om soos 'n diva te lyk. "Somtyds moet 'n motor my kom optel sodat ek die paparazzi kan vryspring, dan dink mense seker 'O, daar is Emma Watson se kar', ek hoop hulle verstaan."

Sy het verlede jaar aan die tydskrif Glamour gesê sy wil nie met die media oor haar studies by Brown Universiteit praat nie, want dit is haar persoonlike, 'gewone' lewe.

Bron: Huffington Post

Kyk die lokprent vir The Bling Ring: