Die sarie.com-span by Clover Aardklop-kunstefees berig dat Viljoen per SMS laat weet het dat geskeurde biseps waarskynlik die oorsaak hiervan was.

Hy het sy Aardklop-optrede in die vertoning Legendes sing legendes gisteraand misgeloop weens die noodoperasie.

Kunstenaars soos Piet Botha, Valiant Swart (saam met wie Viljoen by die geleentheid sou optree), Amanda Strydom en PJ Powers het deel uitgemaak van die vertoning.

In sy SMS het hy ook laat weet dat hy steeds pyn het, maar dat hy verder oukei is.