“Mense wat spog met hul IK's, is losers,” sê die wetenskaplike Stephen Hawking, maar dit is tog interessant om te sien hoeveel van ons gunsteling-celebs ’n hoë IK het.

IK-toetse is nie altyd akkuraat nie en baie mense op hierdie lys se IK is gebaseer op gerugte. Net om te vergelyk: 95% van die bevolking se IK is tussen 70 – 130 punte. “Normaal” is 90 - 109 en meer as 140 word as geniaal bestempel.

Akteurs en regisseurs

Mr. Bean Rowan Atkinson: 178

Francis Ford Coppola: 177, invloedryke regisseur van onder meer The Godfather, en Apocalypse Now.

Marilyn Monroe: 168

Quentin Tarantino: 160

Sharon Stone: 154. Sharon is ’n Mensa-lid en het as 15-jarige universiteit toe gegaan.

Kate Beckinsale: 152

David Duchovny: 147

Steve Martin: 142

Geena Davis: 140

Robin Williams: 140

Blaai deur die galery vir nóg

Kunstenaars en musikante

Andy Warhol: 86

Dexter Holland van The Offspring: 170

Alicia Keys: 154

Jim Morrison van The Doors: 147

Kesha: 140

Shakira: 140

Madonna: 140

Britney Spears: 104 (foto)

Presidente en politici

Bill Clinton: 137

Hillary Clinton: 140

Franklin D. Roosevelt: 147

George H.W. Bush: 98

George W. Bush: 125

Harry Truman: 132

Donald Trump: onbekend, moontlik tussen 120 – 156 as ons die internet moet glo (foto)

Sportsterre

Muhammad Ali: 78

Aaron Rodgers: 130

Tom Brady: 126

OJ Simpson: 89

Tony Hawk: 144 (foto)

Slimste van die slimmes

Wêreldwyd word dié mense as die slimstes gesien:

Paul Allen, medestigter van Microsoft: 160

Stephen Hawking, wetenskaplike: 160. Stephen het eers leer lees toe hy 8 jaar oud was en moes ’n addisionele mondelinge eksamen doen om sy finale eksamen by Oxford- universiteit te slaag.

Albert Einstein, wetenskaplike: 160

Robert Byrne, skaakmeester: 170

Judit Polgár, skaakmeester: 170. Judit het as 15-jarige vir Bobby Fischer geklop om die jongste Grandmaster nog te word. Sy is ’n Internasionale Meester en haar twee susters is Grandmasters. Judit se pa het hulle by die huis laat skoolgaan met skaak as hoofvak. Die foto hieronder van die Polgár-gesin is in 1992 geneem.

Sir Andrew Wiles, wiskundige: 170

Jacob Barnett, fisikus: 170 (geverifieer). Jacob, nou 18, het eers op 3-jarige ouderdom begin praat, maar toe kon hy dadelik die alfabet vorentoe en agteruit opsê. As 3-jarige het hy ook by die planetarium ’n vraag oor planete se gravitasie korrek beantwoord – tot die verbasing van die gehoor en sy ouers.

Binyamin Netanyahu, eerste minister van Israel: 180

Bobby Fischer, skaakmeester: 180

John H. Sununu, meganiese ingenieur en polikus wat George Bush Sr. se personeelhoof in die Withuis was: 180.

James Woods, akteur, vervaardiger en regisseur: 180. Hy is al 2 keer benoem vir ’n Oscar, vir Ghosts of Mississippi (1997) en Salvador (1987).

Marilyn vos Savant, skrywer: 186 (geverifieer).

Garri Kasparof, skaakmeester: 190

Philip Emeagwali, uitvinder en wetenskaplike: 190. Hy word die Bill Gates van Afrika genoem.

Christopher Michael Langan, intellektueel, navorser én konstruksiewerker en cowboy: 195 (geverifieer). Christoper het op 6 maande begin praat en het homself leer lees toe hy 3 jaar oud was.

Kim Ung-Yong, siviele ingenieur: 210 (geverifieer). Yong kon op 6 maande praat en was ’n gasstudent by Hanyang Universiteit se fisika-departement toe hy 3 jaar oud was.

Christopher Hirata, astrofisikus: 225 (geverifieer)

Terence Tao, wiskundige: 230 (geverifieer)

William James Sidis, wiskundige en skrywer: 275. William het by Harvard begin studeer toe hy 11 jaar oud was en kon 40 tale praat.

Bronne: Business Insider, IQ Test, The Richest, Hollywood.com

Lees nou

Bekende akteur inspireer en doen nóg meer!

Dié bekendes is net so starstruck soos ons!

#nomakeup: Bekendes sonder grimering