Die Hollywood-paartjie Michael Fasbender en Alicia Vikander is glo stil-stil die naweek in Ibiza, Spanje, getroud, berig Daily Mail.

Steelfoto's van die verliefdes het op sosiale media versprei, waarop albei met 'n ring aan die vinger pryk wat soos 'n troupand lyk. Dit het gelyk of daar ook 'n feesmaal plaasgevind het. Beide Michael en Alicia is deur gaste omhels. En die paartjie het mekaar dikwels gedruk en gesoen. 

Sy is ook vroeër die naweek in 'n pragtige wit rok, op die einste Spaanse eiland, afgeneem. Ook toe was daar 'n onthaal.

Kyk net die foto's. Wat dink jy?

A post shared by ? FASSKANDER ? (@_vikassy_) on

A post shared by ? FASSKANDER ? (@_vikassy_) on

En hier's die wit rok:

A post shared by TELVA Novias (@telvanovias) on

Die paartjie het in 2014 op die stel van hul fliek The Light Between the Oceans ontmoet. Sedertdien het hul verhouding geblom. Albei is egter bekend vir hul privaatheid.