Die toekenning gaan jaarliks aan mense van Italiaanse afkoms wat hul uitstaande loopbane binne kreatiewe en innoverende bedrywe bou, berig The Citizen.

Debora Patta is bekroon vir haar suksesvolle loopbaan as joernalis en haar bydrae tot die kommunikasiebedryf in SA.

"Hierdie toekenning is ook 'n eerbewys aan 3rd Degree en e.tv, wat 'n groot bydrae in Afrika lewer," het Patta gesê, wat ook in 2009 die Vodacom Women in the Media-toekenning gewen het. Vroeër in 2010 is sy ook aangewys as SA se Most Influential Women in Business and Government.