Die 20-jarige sangeres Taylor Swift is dalk jonk, maar sy't nou al die toekennings en respek van die bedryf behoorlik ingepalm. Hier's 5 dinge wat jy dalk nie van Taylor geweet het nie:

  • Sy is pas aangewys as Entertainment Weekly Magazine se Vermaaklikheidskunstenaar van die Jaar. En daarby is sy die jongste kunstenaar om ooit die toekenning te ontvang. 
  • Swift het reeds op ’n 14-jarige ouderdom geweier om ’n kontrak te teken met ’n maatskappy wat haar nie toegelaat het om haar eie liedjies te skryf en te sing nie.
  • In 2006 het Swift haar eerste album uitgebring met die naam "Tim McGraw" gevolg deur ’n gelyknamige album wat multi-platinum-status bereik het. Swift het reeds meer as 250 liedjies in haar lewe geskryf en meer as 10 miljoen albums verkoop.
  • Sy is ook benoem vir die Beste Nuwe Kunstenaar-toekenning by die 50ste Grammy-toekennings.
  • Teen 2009 het Swift reeds ’n Grammy-benoeming gekry, ’n CMA Horizon-toekenning (Country Music Awards) gewen en was die jongste wenner wat al ooit die CMA se top-toekenning as Vermaaklikheidskunstenaar van die Jaar gekry het.

Bron: hotgossip.com, people.com