Hierdie bekendes kuier in April by die Villa . . .

Op 9 April maak Piet Smit, bekende gospelsanger, 'n draai.

Op Maandag 20 April is die misterieuse Lorraine (Christel van den Bergh) en Cilliers (Anthonie Bougas) terug in aksie. Hulle hou almal op hul tone!

Op 28 April is dit bekende aktrise Alida Theron se beurt as Lenie, Lorraine se inmengerige ma.

Op 29 April gaan Anthony (Roderick Jaftha) op 'n double date met Koba en Mara Meintjies - vertolk deur Die Wenende Weduwee en Die Skoonsuster van die Grafsteensangers! Die gevolge is skreeusnaaks en laat Anthony behoorlik skaam kry.

Villa Rosa word Maandae tot Donderdae om 7:30 nm op kykNET uitgesaai.