Het jy geweet dat dié bekendes ander werk ook het?

Ontwerpers

Angelique Gerber het haar eie klerereeks, Angelique Gerber Designs. Sy het selfs vriendin Donnalee Roberts se rokke vir Pad na jou hart se premières ontwerp. Lees meer van Angelique se ontwerpe HIER.

Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart FOTO: Twitter Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart
FOTO: Twitter

Aktrise Zetske van Pletzen ontwerp self ook rokke.

Dramaklasse

Binnelanders se Reynardt Hugo (dr. Tertius) en Desiré Gardner (Daleen) het vroeër vanjaar hul eie dramaskool begin.

Jacques Bessinger en Lelia Etsebeth bied ook dramakursusse aan. Ook Vallei van Sluiers se Sophia Passerini (Hanna) bied dramaklasse aan.

Wyn-maak

Wyn-maak is ’n kuns en dit lyk of dié sterre dit bemeester het: Kurt Darren, Elana Afrika en Ryk Neethling verkoop elkeen hul eie wyn.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Kuns

Komediant Casper de Vries het onlangs sy kunswerke ten toon gestel.

Sangeres Riana Nel het ook op Twitter ’n skildery wat sy self geverf en toe verkoop het, gedeel.

FOTO: Twitter @ririnel Een van Riana se skilderye
FOTO: Twitter @ririnel

Volg hul droom

Aktrise Ciske Kruger van Bakgat-faam is deesdae ook ’n haarkapper. Ciske het selfs ’n salon saam met twee vennote oopgemaak - lees HIER!.

FOTO: Instagram (@ciske79) FOTO: Instagram (@ciske79)

Lerato van Villa Rosa, oftewel Mari Molefe Van Heerden, werk deesdae oorsee op die boot, MSC Divina. Dié skip vaar in die Karibbiese waters.

Aktrise Hanna Grobler het ’n hart vir mense (én kinders) wat swaarkry. Dié dat sy die Hanna Charity begin het.

Die akteur JC Snooke se kreatiwiteit strek verder as toneelspel - hy is ook ’n bôffin as dit kom by papierkuns! JC maak drie-dimensionele kuns, soos papier-proteas, uit papier.

Kyk dié video om meer oor JC, wat verlede naweek aan ’n flashmob in Roodepoort deelgeneem het, se kuns.