Michelle Botes, sepie-aktrise, het 'n besondere kýk en 'n rokerige stem. Maar sy is ook vriendelik en innemend. Haar onverwagse kombinasie van selfvertroue en weerloosheid trek mense aan en maak haar interessant.

Nico Panagio, akteur en Survivor SA-aanbieder, is sjarmant en aantreklik, maar ook ordentlik en goedgemanierd. Hy kan flankeer met die TV-kamera, maar ook ernstig wees en leiding gee wanneer dit moet, soos op die Survivor-eiland.

Redi Direko, aanbieder van die Redi Direko Show op Talk Radio 702 en 567 Cape Talk, is 'n goedversorgde, slim vrou met 'n sprankelende persoonlikheid. Sy is nie bang om kontroversiële onderwerpe te takel of om die lewe aan te gryp nie - van haar liefde vir skoene tot haar oefenroetine wat maak dat sy marathons kafdraf.

Steve Hofmeyr, sanger en aanbieder van Dis hoe dit is met Steve op kykNET, word wyd vir al sy beweerde sondes vergewe. Hy is intelligent, veelsydig, het 'n goeie humorsin en 'n magnetiese aantrekkingskrag. Sy loopbaansukses getuig van sy erotiese kapitaal en mensekennis.

Tammy-Anne Fortuin, model en All Access- en Roer-aanbieder op M-Net en kykNET, is innemend én mooi. Sy voer goeie onderhoude, het 'n aansteeklike lag en tree met selfvertroue op.

Heinz Winckler, sanger, is aantreklik en weet hoe om aan te trek. Hy het goeie waardes en lyk dalk skugter, maar op die verhoog word hy 'n ster wat sy talent optimaal benut.

Jeannie D, Top Travel-aanbieder (SABC3), is borrelend, avontuurlustig en trots op haar sexy bates. Sy weet ook hoe om mense gemaklik te laat voel.

Sonia Booth, model en vrou van die sokkerspeler Matthew Booth, is 'n slim sakevrou en treffende skoonheid wat tydens die Wêreldbekertoernooi elke "WAG" (wives and girlfriends of soccer players) met haar charisma tuis laat voel het.

Michael Mol, Top Billing-aanbieder op SABC3, het 'n fyn sin vir humor, is besonder skerp met woorde, aantreklik en fiks. Hy is ook 'n gelukkige gesinsman met waardes.

Kry vir jou erotiese kapitaal:

Die kenners sê hoe