Sangeres Katy Perry is glad nie bang om nuwe voorkomste te probeer nie. Sy het vroeër dié week aandag getrek met haar modieuse bob met ligpienk strepe. Die internet het ook gegons dat sy en die akteur Russell Brand op pad skeihof toe is - gerugte wat sy as snert afgemaak het.

Taylor Swift se nuwe vol kuif beklemtoon daardie pragtige oë. Sy het dié foto onlangs op haar Twitter-blad gedeel.

Taylor Swift

Ons ken Rihanna as 'n verkleurmannetjie! Dié keer het sy haar kersierooi hare vir ’n supersexy blonde bob verruil.

'n Blonde Rihanna

Die 50-jarige aktrise Julianne Moore het ook haar haarstyl met 'n kuif, lae en 'n ekstra rooi skynsel nuwe woema gegee. Dit komplimenteer haar ligte vel en blou oë baie goed. 'n Kuif is 'n lekker manier om daardie plooitjies op die voorkop te verbloem. Dit aksentueer die oë en gee 'n ouer vrou daardie misterieuse, sexy voorkoms.

Speel met die gratis sarie.com-mooimaaksessie en kies vir jóú 'n nuwe haarstyl!

Kyk hier onder na artikels van ander bekendes wat ook onlangs hul kapsels verander het: