Jacques Kallis, Justin Bieber, Ryan Gosling, Shia Lebeouf, Sachin Tendulkar, Jack Nicholson en nou ook Joseph Shabalala. Dié bekendes het almal die afgelope jaar besluit om af te skaal.

Joseph Shabalala, stigter van die Grammy-bekroonde plaaslike musiekgroep Ladysmith Black Mambazo, het op 73 besluit om minder te werk, skryf Channel 24. Hy gaan nie meer saam met die groep, waarvan sy kleinseun en van sy seuns lede is, toer nie. Ook nie wanneer hulle die naweek in die VSA is vir die Grammy-toekennings nie. Dit sal die groep se vierde Grammy-wen wees indien hulle een inpalm.

Dis die seisoen van toekennings - lees die belangrikste oorwinnings en benoemings hier

ladysmith black mambazo

Die tienerster Justin Bieber én die akteur Shia Lebeouf het albei in Desember op Twitter aangekondig dat hulle aftree.

Justin se nuwe parfuum in SA

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Kort nadat die Indiese krieketspeler Sachin Tendulkar in November besluit het om die spel te verlaat, het Suid-Afrika se Jacques Kallis iets soortgelyks gedoen. "King Kallis" het in Desember aangekondig dat hy sy loopbaan as toetskrieketspeler afsluit.

Lees dié boek oor Kallis en nog plaaslike krieketsterre

Nog sterre wat die afgelope jaar skok-aankondigings gemaak het, was die akteurs Jack Nicholson (glo weens geheueverlies) en Ryan Gosling.

WAT DINK JY? HOE LANK VOOR HIERDIE STERRE WEER IN DIE KOLLIG VERSKYN? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!