Lianie May: Ek is gek na parfuum en het onlangs J'Adore van Dior present gekry. Dit ruik heerlik en dis lekker as mense jou komplimenteer en vra watter parfuum jy dra!
  Sandra Prinsloo: Ek is mal oor Femme Individuelle van Mont Blanc.
  Nadia Valvekens: Parfuum is ook een van my versamelings. Wie wil nou nie lekker ruik nie? My gunstelinge is Glamourous van Ralph Lauren en Rose One van Dolce & Gabbana. Sag en vroulike geure .
 Michelle McLean Michelle McLean: 212 van Carolina Herrera is my gunsteling!
 Amy Kleinhans-Curd Amy Kleinhans-Curd: My gunsteling-parfuum is Private Collectionvan Estée Lauder. Ek is mal oor die vars reuk van lenteblomme, want dit herinner my aan die wonderlike somerdae wat op pad is.
Elzette Maarschalk: Ek gebruikEuphoria van Calvin Klein. Dit het 'n warm, sensuele geur. My dogter, Zetske (van Pletzen, regs), gebruik dieselfde parfuum. Wanneer ek na haar verlang het toe sy in Frankryk 'n au pair was, het ek sommer aan die bottel geruik.
 
'n Ander geur wat ek af en toe gebruik, is Anaïs Anaïs. Die pienk een - dis lig, vars en blommerig.

Cindy Nell Roberts: Ek dra graag Michael Kors in die dag. Wanneer ek dit aanhet, vra almal daaroor.

Saans dra ek graag Dior Addict. Dit is baie ryker en sterker en herinner my altyd aan my wittebrood, of my tye in Italië op seiljagte. Dis 'n wonderlike, ryk reuk wat nie te oorweldigend is nie en tog die hele aand hou. Selfs die onderste note in die parfuum tel jy ure later op, maar nie te dominant nie.