Rolene Strauss 

FOTO Instagram / Rolene Strauss

Voor haar kroning as Mej. SA en toe Mej. Wêreld in 2014 het Rolene Strauss in twee musiekvideo’s van Vaughan Gardiner verskyn. Eers vra die sanger haar om te trou in “Gooi jou arms om my” en toe trou hulle in “Hoe wys ’n man sy hart”.

Casper de Vries

FOTO Facebook Casper de Vries

Die komediant het saam met die akteur Tobie Cronjé in André Schwartz se “Ek wil jou nooit weer sien” verskyn.


Lea Vivier

FOTO Trix Vivier

Die Fynskrif-ster was in Brendan Peyper se “Jy laat dit so maklik lyk”-musiekvideo. Sy het die kelnerin gespeel wat sy hart gesteel het.

Neels van Jaarsveld

FOTO Instagram / Neels van Jaarsveld

Die akteur het in die voormalige rockgroep Zinkplaat se “Piekniek oppi maan”-video verskyn. Dis op die plaas Lourensford op Somerset-Wes geskiet.

Donnalee Roberts

FOTO Instagram / Donnalee Roberts

Sy het die titelrol in die sanger Jay se “Melanie” gespeel. In die video besef sy dat Jay haar ware liefde is en probeer ’n stokkie voor sy troue steek.

André Lotter

FOTO Instagram / André Lotter

Die 7de Laan-akteur het ’n cowboy gespeel in Caroline Grace se video “Voor Jou”.

Marguerite van Eeden

FOTO Anina van Eeden

Die Fynskrif-aktrise, wat binnekort in die rolprent Vergeet my nie te sien gaan wees, het al in verskeie musiekvideo’s van die rockgroep Spoegwolf verskyn.

Edwin van der Walt

FOTO Izelx

Die akteur van onder meer Wonderlus- en Fynskrif-faam het teenoor die aktrise Ansu Visser gespeel in Roan Ash se “If I Saw Heaven”.

Mila Guy

FOTO Facebook / Mila Guy

Die Hotel-ster het in Appel se “Nonna” verskyn as die meisie wat haar boerseun tydelik los om die wêreld te gaan verken.

David Louw

FOTO Instagram / David Louw

Simon van Getroud met rugby het in Tarryn Lamb se swart-wit video “Mal oor jou” as haar beminde verskyn.

Simoné Pretorius

FOTO Instagram / Simoné Pretorius

Die aktrise het al in twee Afrikaanse musiekvideo’s verskyn. In Joe Foster se “In die reën vir jou” is sy ’n vrou wat haar geliefde se dood probeer verwerk. In Karlien van Jaarsveld se “Rooilipsoene” is sy die nuwe vrou aan die sy van Karlien se eks.

Christia Visser

FOTO Uga Carlini

Die aktrise het in Refentse se “Reisiger” verskyn, so ook teenoor Armand Aucamp in GoodLuck se “I've Been Thinking About You”. 

Stian Bam

FOTO Facebook / Stian Bam Actor

Die akteur bekend vir reekse soos Waterfront, Boland Moorde en Die Boekklub, het in Bok van Blerk en Steve Hofmeyr se “Pa en Seun” verskyn. Hy speel ’n pa wat sy kind aan die dood afgestaan het, met die aktrise Erika Wessels sy vrou.

Leandie du Randt

FOTO Instagram / Leandie du Randt

In die Ampie-musiekvideo “Plain Jane” speel sy ’n deelnemer aan die kykNET-reeks Boer soek ’n vrou. Die aktrise Angelique Gerber, wat toe die aanbieder van die reeks was, verskyn ook in die video.

Sean van Noordwyk

FOTO Instagram / Sean van Noordwyk

In Willem Botha se “Soen en vergeet” speel die Getroud met rugby-ster ’n man wie se verhouding op die rotse beland.

Hestrie Els

FOTO Facebook / Hestrie Els

Die oud-hoogspringkampioen wat deesdae in Nieu-Seeland woon, het in Steve Hofmeyr se “Diefie Duifie” verskyn saam met haar man, die sanger Jurie Els, en ontslape rugbyheld Joost van der Westhuizen.

Armand Aucamp 

FOTO Instagram / Armand Aucamp

Die akteur wat tans in Getroud met rugby te sien is, het in Demi-Lee Moore se musiekvideo “Mis slaap eet herhaal” verskyn.

Lika Berning

FOTO Instagram / Lika Berning

Die aktrise het in Bobby van Jaarsveld se musiekvideo “Liefling” verskyn. Die twee was ook saam in die musiekblyspel Liefling.

Ivan Botha

FOTO Instagram / Ivan Botha

Die akteur, regisseur en skrywer het bekendheid verwerf vir sy rol in die rolprent Bakgat! Hy was toe in Shaun V se musiekvideo “Not Human” wat in dié rolprent gespeel het.

 

Hanna Grobler

FOTO Instagram / Hanna Grobler

Die aktrise en aanbieder het in Riana Nel se musiekvideo “Dans” verskyn as Riana se beste vriendin en mede-kelnerin.