Anne Hathaway is miskien nie die vroulike weergawe van Carlos Santana nie maar het onlangs op Late night vir Jimmy Fallon en kykers verras met haar kitaarspel. Sy het vertel dat sy vir haar kêrel se verjaarsdag op Youtube die tutoriale gevolg het sodat sy The Beatles se Black Bird vir hom kon speel...

Halle Berry het baie talente! Sy het aan InStyle vertel dat sy kan fluit speel. ”Ek het op hoërskool gespeel en ek kan ook verf- so mixed media.”
Klink vir ons daar steek tog waarheid in Jennifer Garner se karakter in die rolprent 13 going on 30. Glo was sy ‘n band-geek op skool en was sy trots daarop om die saxofoon te speel. Maar vandag bieg dat sy dit onlangs weer probeer het, maar glad nie meer dieselde klink nie, berig People.com
Dan laaste maar sekerlik nie die minste nie die bekende seerower van Pirates of the Carribean het ook musiek gemaak en kan nogsteeds! Dis nie moeilik om te dink dat Johnny Depp in sy jonger dae in ‘n band gespeel het nie. The Kids was die groep se naam en hulle het in 2008 weer bymekaar gekom vir ‘n liefdadigheidskonsert. Na dit het hy al saam met Oasis en The Pogues opgetree. Depp sê nogals ewe beskeie op onderhoud met Inside the Actors Studio: “Ek het al daaraan gedink ek kan altyd terugval op kitaarspeel of ‘n petroljoggie word."