Hy was haar eerste liefde en al is dit hoe moeilik, sal sy hom altyd liefhê. Die Amerikaanse supermodel Bella Hadid het vir die eerste keer in ’n onderhoud met Teen Vogue oor haar eks-kêrel, The Weeknd, gepraat.

Die paartjie se paadjies het verlede November ná 18 maande saam geskei. Die rede? Die lang afstand tussen hulle en albei se besige skedules. In Desember het die Kanadese R&B-ster by die Victoria's Secret Fashion Show in Parys, Frankryk, opgetree. Toe Bella tydens sy optrede op die loopplank by hom verbystap, was daar duidelik nog ’n vlammetjie tussen die twee. Lees meer hier.

Maar The Weeknd, wie se regte naam Abel Tesfaye is, het intussen ’n verhouding met die Amerikaanse sangeres Selena Gomez begin.

"Dit was my eerste keer dat ’n verhouding verbrokkel het, hy was my eerste liefde. Dit was vreeslik moeilik," het Bella aan Teen Vogue gesê. "Dis altyd in jou hart en jy voel die seer. Dit gaan moeilik wees, liefde maak seer, maar ek gaan hierdeur kom."

Al het The Weeknd reeds ’n nuwe meisie, sal sy hom altyd respekteer. "Ek sal hom altyd liefhê. Jy wil hartseer wees, jy wil die seer anderste hanteer, maar op die ou einde wil jy nie ’n brug verbrand wat jy so hard aan gewerk het om te bou nie."

Lees die volledige onderhoud hier.

Bronne: Teen Vogue, E! News

Lees nou

4 nuusstories vir vandag, 14 Februarie 2017

Christia, Elvis Blue & Sorina gesels liefde

4 nuusstories vir vandag, 14 Februarie 2017