’n Kombuis is die hart van die huis. Nou het die aktrise Bertha le Roux (Emma van 7de Laan) en haar man, Karel, besluit om hulle kombuis bietjie op te kikker.

 En nie hoé nie. Hulle wil die meeste van die opknappings self doen! (Met ’n bietjie hulp hier en daar.)
Honey, I think the kitchen could use a spot of paint is haar blog waar sy dié avontuur met ons deel.

Groot was Bertha se verrassing toe sy by die huis kom en Karel het al die kasdeure van die kombuiskaste afgehaal. “My man was met stof bedek, én het ’n groot glimlag op sy bakkies gehad,” vertel Bertha in haar blog.
 
Bertha blog oor hul ervaring en gee haar en Karel se wenke oor wat werk en nie werk nie.
 
Sy het hierdie pragtige gesinsfoto’s van Brioné (2) en Kiana (6) in die kombuis gedeel – vóór hulle die groot projek aangepak het.

Goed aan die gang! 
 Die kinders in die ou kombuis

Brioné (2) en Kiana (6) 

Jy kan Bertha en Karel se vordering met hul kombuis volg op haar blog, Honey, I think the kitchen could use a spot of paint.