Bertha le Roux, bekend as Emma van 7de Laan, was hierdie maand ons voorbladgesig. Sy het met ons gesels oor haar beroep, lewe, liefde en ma-wees vir haar twee pragtige dogtertjies, Kiana (7) en Brioné (4).

Bertha het onlangs gesukkel om ’n balans te vind tussen haar twee grootste rolle: tuis as vrou en ma van twee pragtige dogtertjies, Kiana en Brioné; en op ons TV-skerm as Emma.

“Vir lank was my werk vir my byna álles,” sê sy. “Ek het begin onrustig voel. Onvergenoegd. Sonder rigting. Elke keer ná my dogtertjies se geboortes was ek weer tevrede met die wêreld, maar daarna het die gejaag na wind weer teruggekeer. Die gesukkel om ’n balans te kry tussen aktrise en vrou en ma-wees.”

[...] Sy het besef wat belangrik in die lewe is. “Soos ek op die 7de Laan-stel grootgeword, gegroei, getrou en kinders gekry het, het my prioriteite verander."

Ek besef nou elke dag is ’n seëning. Leef voluit en in die nóú

- Bertha le Roux

Vandaar die besluit om meer op haar gesin te fokus. “Ma-wees is so ’n voorreg. Dit het my minder selfsugtig en meer geduldig gemaak. Ek wil my dogtertjies graag die dinge leer wat my ma my geleer het: om ’n uitdaging vol in die oë te kyk, aan te pak en deur te druk,” beduie sy. “En naasteliefde.”

Omdat sy lang ure op stel is, help Karel die kinders met alles en is hy ook die sjef in die huis. “Hy’s ’n wonderlike, betrokke pa.”

Hul gunsteling-tydverdryf as gesin is om in hul motor die land plat te reis. In Desember het hulle 7 000 km gery: vanaf Johannesburg na Botswana, Namibië, Sodwana in KwaZulu-Natal en terug. Paasnaweek is hulle na Keimoes in die Noord-Kaap vir Karel se familie-kuier.

FOTO'S van Bertha en Karl se dogtertjies

Bertha sê sy kan nie leef sonder foto's van haar kinders op haar foon nie Bertha sê sy kan nie leef sonder foto's van haar kinders op haar foon nie

Nóg oor Bertha op SARIE.com