Sy het al talle musiektoekennings onder haar belt, maar dit lyk nou asof Beyoncé sommer ook 'n Oscar wil wen.

Die sanger beplan glo om 'n biografiese film oor Sarah Baartman vir die silwerdoek te skryf en te vervaardig, berig The Sun.

Saartjie, of Sarah, is ’n ikoniese Khoisan-figuur wat in 1810 na Londen en Parys geneem is waar sy as ’n "frats" uitgestal is - vir haar "eksotiese voorkoms" en "groot agterstewe", berig Netwerk 24. Sy het in 1815 gesterf en nooit weer haar geboorteland gesien nie.

Beyoncé beplan glo om self die regie te behartig en wil ook sommer die hoofrol vertolk. FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images Maar dit lyk of Suid-Afrikaners nie gelukkig is oor dié filmrol nie. Twitter het aan die brand geslaan met vurige twiets wat Beyoncé kritiseer

BronneThe Sun en Netwerk 24.