Beyoncé en die ander oud-lede van Destiny’s Child het hul aanhangers se aand gemaak toe hulle Woensdag by ’n karaoke-kroeg saam met drie meisies gesing het, berig Us Weekly.

Beyoncé en Jay-Z het Woensdagaand saam met Kelly Rowland, Michelle Williams, Timbaland en nog vriende na die Sing Sing-karaoke-kroeg in Miami gegaan vir ’n aand van pret. Daar gekom, het Beyoncé gehoor hoe iemand in ’n aparte vertrek haar 2011-treffer “Party” sing en daarheen geloop om te sien wie dit is.

Daar gekom het drie singende meisies Beyoncé, Kelly en Michelle ingenooi. Kort voor lank het die sterre van Destiny’s Child saam met die meisies gesing en gedans.

Volgens die kroeg se bestuurder, Kellie Pilicer, het die meisies Destiny’s Child se bekende lede eers nie herken nie. Toe een van die meisies op ’n bank gaan lê, het Beyoncé se vriendinne haar eers ge-photobomb (wanneer jy in die agtergrond van ’n foto van iemand anders is) voor hulle geloop het.

Jay-Z het ook die naweek sy aanhangers beïndruk toe hy ’n jong seun tydens sy konsert verhoog toe nooi om saam met hom te rap.

FOTO: YouTube FOTO: YouTube

Die 12-jarige seun het volgens E! Online ’n plakkaat vasgehou waarop hy vra of hy vir Jay-Z kan rap. Die sanger het hom verhoog toe genooi, die mikrofoon in sy hand gedruk en gevra dat hy ’n vers uit sy liedjie “Click” sing. Jay-Z het ook seker gemaak die seun sing nie die dele van die liedjie wat onvanpas vir sy jare is nie.

Maar dis nie al nie... E! Online berig verder dat die klein rapper toe vra of hy Jay-Z agter die verhoog kan ontmoet en die ster het sowaar ingestem!

Een van die konsertgangers het dié video geneem:

Bronne: Us Weekly en E! Online