Beyoncé het op sosiale media gedeel dat sy vir 22 dae ’n veganistiese dieet volg. Die sangeres, wat bekend was vir haar kurwes, het glo op dié manier skraler geword. Sy dra blykbaar nou ’n grootte 6-rok, volgens Hello!.

Sy het verlede jaar vir die eerste keer saam met haar man, Jay-Z, vir 22 dae dié streng vegetariese dieet gevolg. Hulle mag geen produkte van dierlike afkoms eet nie - ook nie suiwelprodukte nie.

Sy is nou weer besig met dié dieet. Sy het een van haar peuselhappies op haar Instagram-profiel gedeel. Dít is ’n veganistiese proteïenstafie wat sy opgesny het en toe piesang bo-op gesit het. Dié onderskrif by dié foto is #22daysvegan.

FOTO: Instagram @beyonce FOTO: Instagram @beyonce

Hello! berig dat Beyoncé die afgelope 6 maande tot 30 kg verloor het. Sy het asems weggeslaan by die Grammy-toekenningsgeleentheid toe sy in dié noupassende Michael Costello-skepping opgedaag het. Dié ontwerper het aan die TV-kanaal E! News gesê dat die rok op ’n mannekyn gesny is wat kleiner is as ’n (Amerikaanse) grootte 4. Hy sê Beyoncé is tussen ’n grootte 2 en 4 - in Suid-Afrikaanse afmetings is dit tussen ’n grootte 6 en 8.

FOTO: Twitter @OddFuturama FOTO: Twitter @OddFuturama

Nóg van Beyoncé se etes

Screen Shot 2014-02-05 at 1.30.19 PM

KLIK HIER vir SARIE se heerlike vegetariese resepte. Let wel: Dié resepte is nie almal veganisties nie.

Bron: Hello!