Elkeen van dié sterre is in ’n ander ouderdomsgroep, en die een ding wat hulle gemeen het, is dat nie Beyoncé (33), Sofía Vergara (42) óf Monica Bellucci (50) rietskraal is nie. Maar hulle het steeds benydenswaardige en gesonde lywe. Dít is hulle dieetgeheime.

Beyoncé

Die 33-jarige sangeres en ma van een hou haar kurwes ferm met squats, afsakke (lunges) en ballerina-pliés. Sy jaag haar hartklop op met kort interval-oefeninge soos plyometrics (oefening wat jou spiere vir kort tydperke uitdaag, gewoonlik deur te spring), vertel Beyoncé se persoonlike afrigter Marco Borges aan E! Online.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Marco is ook die stigter van 22 Days Nutrition. Dié dieetplan sê jy moet vir 22 dae ’n veganis (vegan) se dieet volg en die voordele daarvan aan jou lyf voel. Beyoncé en haar man, Jay-Z, volg dié dieetplan.

Sofía

Die pragtige 42-jarige Modern Family-aktrise van Colombië  is onlangs verloof en is die ma van ’n 23-jarige seun.

Sy is nie skaam vir haar kurwes nie en hou haar lyf viets met dans- en Pilates-klasse, vertel sy aan US Weekly.

I worked out on a saturday!!! I deserve my little rum cake!!I #I?NoLa

A photo posted by Sofia Vergara (@sofiavergara) on

Verder probeer sy om meer groen groente in haar dieet in te sluit en in die algemeen net gesond te eet.

Monica

Op 50 gaan sy die oudste Bond-meisie nóg wees, en dié Italiaanse model en aktrise was nog nooit skaam om lyf te wys nie. Sy het twee dogters, Deva, wat gebore is toe sy 39 was, en Leonie, wat sy op 45 gekry het. Sy het met albei swangerskappe (in 2004 en 2010) naak poseer vir Vanity Fair.

Monica volg glo nie ’n streng dieet nie, maar om op te maak daarvoor, oefen sy 4 keer ’n week - haar gunsteling-oefening is om te swem. Joga, wat sy sien as oefening vir haar lyf én siel, beoefen sy elke dag.

Haar grootste dieetgeheim? Porsie-beheer. Sy sny min goed uit haar dieet en eet wat sy wil, maar sy hou haar porsies met ’n streng oog dop. En Monica drink ook elke dag baie water om haar lyf én vel mooi te hou, berig Style Craze.

Monica Bellucci

Bronne: Hello!, E! Online, US Weekly en Style Craze

Lees nou