Queen B, Bey, Sasha Fierce, Bee, Juju en Mothe... Beyoncé, die Grammy-wenner, het vele noemname en is een van die wêreld se gewildste kunstenaars.

Nou het sy haar 37ste verjaarsdag op die Italiaanse eilaand Sardinia gevier. Haar kletsrymer-man, Jay Z, en hul drie kinders, Blue Ivy, Rami en Sir, het ook saam partytjie gehou.

Sedert haar sesde album Lemonade in 2016 vrygestel is, het gerugte begin hardloop dat hul huwelik op die rotse is. Een van haar liedjies het selfs Jay-Z se buite-egtelike verhouding verklap.

Maar met ’n Instagram-inskrywing het Beyoncé die gerugte stop gesit.

"Op 36 het ek ’n ma van drie geword, ek het tweelinge geborsvoed, ek het geloftes hernu met my man van 10 jaar... Ek sien uit om te leer uit my verlede, leef in die hede en oorgee aan die toekoms," het sy geskryf.


KYK DIE PRAGTIGE FOTO’S

FOTO Instagram/ @beyonce
FOTO Instagram/ @beyonce
FOTO Instagram/ @beyonce
FOTO Instagram/ @beyonce