Die Kanadese sanger Justin Bieber en sy model-vrou, Hailey Baldwin, erken in ’n eksklusiewe onderhoud met die Amerikaanse tydskrif Vogue dat hulle soos dag en nag verskil.

Die Biebers einde verlede jaar. FOTO Instagram / Justin Bieber

"Ek dink, hy voel ... Ek moet hard werk om my emosies op te diep, dit kom weer natuurlik vir hom," het Hailey aan Vogue gesê. Die paartjie, wat verlede September getroud is, het verklap hulle het vooraf besluit om seks vir die huwelik te hou. Die foto's vir die intieme onderhoud is deur die bekende fotograaf Annie Leibovitz geneem.

FOTO Instagram

Op die voorblad kan jy Hailey se yslike trouring sien. Die ring is glo meer as $500 000 (sowat R6,7 miljoen) werd.