Rachel Frederickson is vroeër die week in Amerika as die nuwe wenner van die werklikheidsprogram The Biggest Loser aangekondig nadat sy omtrent 70 kg verloor het, skryf die Britse koerant Daily Mail.

Rachel het toe die program verlede Oktober begin het omtrent 120 kg geweeg, maar deesdae weeg sy ongeveer 50 kg. Sy skryf haar gewigsverlies toe aan harde werk en ’n gesonde eetplan.

"Ek het die hele tyd wat ek op The Biggest Loser was ondersteuningstelsels in plek gehad. Ons kry ’n kalorie-begroting en ek het daarby gehou. Verder het ek net baie hard geoefen," het sy ná die aankondiging gesê. Daily Mail skryf verder dat Rachel opgewonde is oor haar nuwe leefstyl en beplan om dit voort te sit.

Kyk HIER na nog foto's van Rachel. Kyk HIER na nog foto's van Rachel

Die program bied professionele kundiges om elke finalis te help sodat hulle die regte oefenprogram en dieet volg. Uiteindelik is die wenner die finalis wat die grootste persentasie van sy of haar liggaamsmassa verloor het. Rachel het 60% van haar aanvanklike liggaamsmassa verloor.

Rachel lyk nou só. FOTO: Twitter Rachel lyk nou só. FOTO: Twitter

"Dit voel asof my tyd by The Biggest Loser die pad is wat ek moes volg en ek het deur die loop van die program die raad en ondersteuning van my mediese span by The Biggest Loser gevolg," het sy verder gesê.

Volgens Daily Mail is mense verbaas, en in sommige gevalle ietwat bekommerd, oor Rachel se gewigsverlies.

BRON: Daily Mail