Waarheen het die tyd gevlieg? Die ontslape bewaringsgesinde, oftewel The Crocodile Hunter, Steve Irwin, se seun, Robert, en dogter, Bindi, volg in hul pa se voetspore. Robert is 13 jaar oud en Bindi is 19 jaar oud.

A post shared by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on


Nes ousus, Bindi, werk Robert by die Australian Zoo, wat deur Steve se pa gevestig is. Die wêreld het reeds vir Bindi op televisie gesien, in 2015 het sy deelgeneem aan Dancing with the Stars en het ook die kompetisie gewen. Nou het sy 'n voorbladster geword! Bindi het op die voorblad van Women's Weekly verskyn.

I am the luckiest girl in the world?? @chandlerpowell

A post shared by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on

Sy en haar kêrel, Chandler Powell, is ernstig oor mekaar. Die paartjie het in 'n onderhoud met Entertainment Tonight verklap dat hulle aan trou dink.

Kyk die onderhoud hier:

Terwyl Bindi oor liefde en haar toekoms droom, is broer Robert besig om 'n kranige fotograaf te word!