Binneland se Daleen het op 10 Mei 2012 ma geword. Sy en haar man, Chris Gardner, se eersteling, James Gardner, is op dié dag gebore en hy is nou 5 maande oud.

Sy het vir sarie.com 'n paar foto's van die mannetjie gestuur. Die hooffoto is op 4 maande in hul sitkamer geneem.

Hier is James 5 maande oud en kuier hy saam met Ma en Pa op 'n wildsplaas in Thabazimbi. ("Dis hoekom hy net 'n doek en hoed aan het, want dis so ongelooflik warm daar!" sê Desiré).

Desiré en James (4 maande) op sy bedjie in sy kamer.

Desiré en James kuier by haar ma-hulle se huis. Hier is James 3 maande oud.