Die Hollywood-paartjie Blake Lively en Ryan Reynolds het Vrydag in New York hul tweede baba verwelkom! 

Die geslag en die naam van die baba is nog onbekend. Maar een van Blake se beste vriendinne, Taylor Swift, het seker gemaak sy is die eerste bekende om die klein Lively-Reynolds te ontmoet, berig Daily Mail. Blake en Taylor is al vir ’n geruime tyd vriende. En vanjaar was sy en haar man, Ryan, ook by Taylor se gesogte 4th of July-partytjie.

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Happy 4th from us A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

HAPPY BIRTHDAY BLAKE! You're a wonderful friend, to humans and koalas alike. I absolutely love you

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Die 29-jarige Blake en 39-jarige Ryan het nog altyd gesê hulle wil ’n groot gesin hê. En hoewel dié paartjie lyk of hulle die perfekte lewe het, sukkel hulle ook soos die res van ons met pienkvoete wat hulle snags wakker hou. Ryan het verlede jaar gegrap dat James allergies is vir slaap.

Enige nuwe ouer ken die gevoel! Die paartjie is reeds die trotse ouers van ’n dogtertjie, James.

FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris FOTO Getty Images for L'Oréal Paris

Lees nou

Kim met vuurwapen aangehou

FOTO’s: Beauty and the Beast

Dis ’n nuwe maand! Laai jou Oktober-kalender hier af!