Blake Lively op W

Dit is presies 'n jaar ná hulle die eerste keer saam in die openbaar gesien is, en Blake en Ryan het besluit om by 'n private troue die knoop deur te haak. Die onthaal was glo in 'n wit tent op die Boone Hall-plantasie by Mount Pleasant en Florence Welch (van Florence and the Machine-faam, en goeie vriendin van Blake) het 3 liedjies gesing. 'n Platejoggie het hulle die res van die aand vermaak. 'n Bron het verklap dat die troukoek al die pad van Virginia af aangery is vir die geleentheid.

Lively se ma en sussie is ook op die dorp gesien toe hulle vroeër verlede week saam met Bette Midler uitgeëet het.

Dié twee pasgetroudes se woordvoerders het nog niks oor die geleentheid gesê nie. Die paartjie het wel vroeër vanjaar 'n huis in Bedford, New York, gekoop. Hulle word gereeld saam gesien in die gimnasium, asook wanneer hulle tyd saam met hul gesinne in New York en Vancouver (waar Ryan se familie woon) deurbring.

Dit is Reynolds se tweede huwelik ná hy en Scarlett Johansson in 2010 geskei is. Lively is nou vir die eerste keer getroud ná haar verhouding met Gossip Girl-medester, Penn Badgley, verbrokkel het.

Lees die volledige artikel by www.people.com

SARIE saam met Blake in Venesië

SARIE se skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, was verlede week in Venesië vir die bekendstelling van die nuwe Gucci-veldtog met Blake Lively. Hier is Mariska saam met Blake tydens 'n onderhoud.

Blake Lively en Mariska van RooyenBlake Lively se Gucci-veldtog

Kyk ook die video