Die boorling van Nelspruit met die blonde krulhare het die afgelope naweek aan sy 50ste HSBC Sewestoernooi in Los Angeles deelgeneem. Werner Kok, wie se wegholtroue verlede jaar in SARIE gepubliseer was, sluit nou aan by net enkele spelers wat hierdie gesogte lys gehaal het:  Justin Geduld, Branco du Preez, Chris Dry, Cecil Afrika, Frankie Horne, Kyle Brown en Philip Snyman.

In SARIE se Augustus 2019-uitgawe verklap Werner iets moois oor sy wegholtroue: “My hart het al vantevore vinnig geklop ...  tydens ’n wedstryd, ’n sege. Maar toe ek Zanyika in haar rok sien, het dit elke oomblik oortref.”

Hier is ’n paar oomblikke van hul troudag:

'n Dag voor hul troue het ’n stormwind op die Griekse eiland Santorini getier. Niemand het gedink dit sal bedaar nie, en selfs die troubeplanners het hulle op teleurstelling voorberei. Die onvoorsiene gure weer kon egter nie die opwinding in Blitsbok Werner Kok se hart smoor nie. Kyk die volledige album hier.

FOTO Anna Roussos Photography
FOTO Anna Roussos Photography
FOTO Anna Roussos Photography
FOTO Anna Roussos Photography