Hou jouself warm en snoesig in ’n trots Suid-Afrikaanse kombers én help mense wat nie so bevoorreg is nie.

Die Suid-Afrikaanse ontwerpers Mia Widlake, Amanda du Plessis, Michele Aubourg, Michael Chandler en Renee Rossouw werk dié winter saam met Mr Price Home om die lewe van jong Suid-Afrikaners te verbeter.

Elk van die ontwerpers het ’n unieke kombers geskep vir Mr Price Home se CoLab-projek. Met dié projek kies die winkelgroep jaarliks plaaslike ontwerpers om spesiale en unieke produkte te ontwerp.

Een van die komberse in vanjaar se CoLab-reeks by Mr Price Home. Mia Widlake het dié kombers ontwerp FOTO: verskaf Een van die komberse in vanjaar se CoLab-reeks by Mr Price Home. Mia Widlake het dié kombers ontwerp
FOTO: verskaf

Die komberse is dik, warm, van goeie gehalte en word boonop op plaaslike bodem vervaardig.

Vir elke kombers in die reeks wat verkoop word, word 10% van die verkoopprys geskenk aan die Red Cap Foundation, ’n nie-winsgewende organisasie. Die Mr Price Group het dié organisasie in 2006 begin om ’n positiewe en volhoubare impak in die lewe van jong Suid-Afrikaners te maak, veral deur die verbetering van onderwys.

*Die komberse is beskikbaar teen R500 stuk op Mr Price Home-aanlyn