Hulle het onlangs uitgevind sy is swanger en teen die koers wat haar magie groter word, wonder hulle of daar nie twee babatjies op pad is nie, het Bobby laggend aan SARIE gesê.

“Daar is baie tweelinge in haar familie, so ons wonder...”
Hulle weet nog nie hoe ver sy is nie, want hulle het nog net ’n tuis-swangerskaptoets gedoen. Die eerste sonar is oor twee weke. “Ons sien baie uit!”

Intussen waak hulle by klein Sion, hul ses maande ou seuntjie, wat Maandag in die Kloof-hospitaal in Pretoria opgeneem is vir brongitis. Hulle hoop hy word Saterdag ontslaan.