Die sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, het Sondag hul sesde trouherdenking gevier.

Op Instagram het hy geskryf: “Vandag is ons 6 jaar getroud. Al deur hemel en hel, maar ek sal jou weer en weer kies elke dag. Baie lief vir jou.” Dan volg 7 hartjie-ikone. #LiefdeEnWynWen.

En gister het Kurt Darren en sy vrou, Dunay, ook hul 6de huweliksherdenking gevier. Die Afrikaanse sanger het sy vrou met ’n Bosveld-ete bederf. Hul twee kinders, Kyrah en Kade, was ook by die ete.

Hier's ’n paar oomblikke uit elke paartjie se ses jaar saam:

Bobby en Annatjie se groot dag

Kurt en Dunay se groot dag

Kurt & Dunay Darren - wedding film HD - Same Day Edit - from Cinema d'Art on Vimeo.

En aan my Beeldskone Vroutjie @annarhd . Baie lief vir jou en jy het so mooi gelyk. #sysmyne en #eklovehaar A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Ons klein familie ? my lewe! #family #newborn #love #babygirl #baby #smile #happy #thankful #blessed

A photo posted by Dunay (@dunayvanheerden) on

Baie geluk, julle!

Lees nou

2017 se TV-seisoen skop af met Lady Gaga as Donatella Versace

Kate Middelton 35 jaar, 35 beste uitrustings

3 toesprake laat die wêreld gons