Hul plan is om Nashville toe te gaan om te gaan kyk hoe die musiekbedryf daar werk. Maar 'n kuier by die manne van Overtone is ook deel van die die reisplan:

"Noudat ek reeds weg is, kan ek seker maar die aap uit die mou laat waarheen ek gaan. My paaie het lank gelede gekruis met die manne van Overtone en ons het baie goeie vriende geraak. Toe hulle uitvind dat ek en Paulo Amerika toe kom, het hulle ons genooi om by hulle te kom kuier. Nou ja, meeste van julle weet seker waar die manne van Overtone bly as hulle in Amerika is. Dis waarheen ek en Paulo vir die eerste paar dae gaan. Of ek bevoorreg genoeg aan wees om Clint en Dinah Eastwood persoonlik te ontmoet - dit weet ek nie - maar ek gaan darem by hulle tuisgaan. Ek sal vertel as ek terug is," skryf Bobby op sy webwerf.

Sy trefferliedjie Spieëltjie is ook in Engels vertaal, en hulle het 'n video daarvoor geskiet. Wat dink jy?