Bobby gesels in die Desember-uitgawe van SARIE onder andere oor sy kinders en hoe hy hulle wil beskerm. "My seuns is onskuldig en ek wil nie hie hulle moet as 'Bobby van Jaarsveld se kinders' bekend staan nie," vertel hy.

Niks kon hom op die werklikheid van sy eie twee afhanklike wesentjies voorberei nie. “Ek het nooit besef hoeveel werk dit is om kinders te hê nie!” sê hy byna uitasem, en vryf sy hand oor sy voorkop.

“Jy lees al die bababoeke en dink jy weet wat jy doen, maar dan besef jy dis voltydse werk – en méér. Dit verander jou. Jou kinders gaan eendag doen wat jy doen – hulle gaan vroue hanteer soos ek hul ma hanteer. Jy moet elke minuut van die dag ’n voorbeeld wees en die gevolge van alles weeg voor jy dit doen.

Hou jy van Bobby? Stem vir hom!

sarie toekennings

Ek en Annatjie wou altyd agt kinders gehad het, en ons dink daaraan om volgende jaar weer swanger te raak. Maar ná die eerste tweetjies wonder ek soms. Hulle skree hul toekomstige boeties/sussies op sommige dae weg!”

Hulle word darem nou al rustiger, voeg hy by. Daar was ’n tyd toe hy en Annatjie byna niks geslaap het nie. Hul eie skuld, want hulle het die kinders nie geleer om deur te slaap nie. Hulle het dadelik opgestaan en gaan troos as die kleingoed knies.

Tog is dissipline vir hulle belangrik. ‘‘En ja, ek glo ’n raps op die boud is die beste medisyne as die reëls gebreek word! ‘‘Dis baie bevredigend om te sien hoe hulle hul eie mensies word. Hulle leer by jou, maar hulle het hul eie pad om te stap en ons help hulle om daar te kom.”

Laai die volledige artikel hier af

desember 2014 bobby van jaarsveld

Screen shot 2014-10-22 at 3.39.43 PM Bobby saam met Eden by 'n fotosessie vir die liedjie "Butterflies" wat hulle saam op Bobby se nuwe album sing.

Screen shot 2014-10-22 at 3.36.36 PM Bobby in Namibië vanjaar.

Screen shot 2014-10-22 at 3.35.50 PM Bobby en sy vrou, Annetjie, by Hartebeespoort

Screen shot 2014-10-22 at 3.35.30 PM Met Annetjie en Karlien by die Jacaranda High Tea in Pretoria in Augustus

Screen shot 2014-10-22 at 3.34.32 PM Bobby Saam met sus Karlien se tweeling, Eliah en Daniël