Verlede jaar in die eerste seisoen van The Voice SA het één oudisie die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld tot trane gedryf. Met sy beeldskone stem het die blinde Vernon Barnard van die Strand harte gesteel, Bobby s'n inkluis.

SKERMGREEP YouTube SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube SKERMGREEP YouTube

Onthou julle nog hoe Vernon floreer het op The Voice SA?

Kyk die oudisie hier:

Vanaand is die tweede episode van VIA se realiteitsreeks Bobby en Karlien: In jou skoene en Bobby gaan in die skoene van die talentvolle Vernon loop. Hy gaan ’n dag lank "blind" wees. As jy na die programvoorskou kyk, is selfs net ’n dag klaar moeilik vir Bobby.

Kykers kan saam met Bobby en Karlien ’n verskil maak.

Die twee se emosionele avonture gaan nie net daaroor om in iemand anders se skoene te staan nie, maar ook om ’n bydrae tot mense se lewe te maak.

Met Candystick, ’n digitale platform vir geldinsameling, kan kykers geld skenk aan die plekke wat Bobby en Karlien besoek, waaronder die Hanna-liefdadigheidstigting, Stop Rhino Poaching en Project Flamingo. ’n Bedrag van R59 995 is reeds ingesamel vir die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle (Nylstroom), wat Bobby en Karlien in die eerste episode besoek het. Hulle het by die kinders oornag en was saam met hulle skool toe.

Besoek candystick.co.za om ’n bydrae te maak. ’n “Moneybox” vir die program sal prominent op die tuisblad vertoon word. Deur op die toepaslike “Moneybox” en dan weer op “Contribute” te klik, word jy na ’n betalingsblad geneem waar jy jou betalingsmetode – per elektroniese geldoorplasing of met jou kredietkaart – sowel as die bedrag wat jy wil skenk, kan aandui.

FOTO Martin de Kock FOTO Martin de Kock

Lees nou

Só bly 3 SA bekendes natuurlik mooi

VIDEO: Kyk SA se eie ‘KarPoel Karaoke’ hier!

Só kan jy die brandbestryders help