Die sanger en akteur Bobby van Jaarsveld speel binnekort die hoofrol op die verhoog in nóg ’n musiekblyspel, Droomkind.

Volgens Bobby vertel Droomkind die Bybelse verhaal van Josef, wat ’n sagte plek in sy pa se hart gehad het en later deur sy broers in ’n put gegooi is. Hy het die aankondiging vroeër vandag op Twitter gemaak.

Bobby ry fiets vir liefdadigheid - lees hier

"Ons begin oor ’n week met repetisies en sal waarskynlik meer repeteer as gewoonlik. Dis definitief meer oefening as vir Liefling. Dis omdat hierdie storie meer detail en hart het," sê hy.

"Dit vertel die verhaal van Josef, maar dit speel in die 1950's af. Dis meer relevant en Afrikaners sal makliker daarmee kan assosieer." Dit speel af in die Karoo, waar Jakob saam met sy seuns met skape boer.

As jy sing met Bobby van Jaarsveld nou op DVD

Ander bekendes in die produksie is Philip Moolman en Edrien Erasmus. Volgens Bobby is daar nog ’n bekende in die produksie.

"Haar naam is nog ’n geheim, maar sy is ’n baie goeie aktrise wat op die oomblik baie gewild in Suid-Afrika is," sê hy oor die vroulike hoofspeler. Bobby was ook in die musiek-flieks As jy sing en Liefling. Verlede jaar was hy verder te sien in die verhoogproduksie van Liefling.

Bobby deel ouerskap-wenke met Arno Jordaan

Droomkind word 5 April tot 4 Mei by die Staatsteater in Pretoria opgevoer. Dieselfde spanne wat verantwoordelik was vir Liefling en Ester is ook verantwoordelik vir dié produksie.