Saterdag 23 Augustus 2010 was 'n groot dag vir hartebreker Bobby van Jaarsveld. Dié middag het hy by FNB Stadion vóór die rugbystryd tussen die Bokke en die All Blacks die Volkslied gesing en later die aand op sy knieë voor sowat 50 partytjiegangers én sy verbaasde meisie van 7 jaar, skoolliefde Annatjie Rheeders, gegaan en haar gevra om te trou. Luister hoe hy dit aan Martin Bester van 94.2 jacaranda vertel.

Karlien van Jaarsveld, Bobby se sangeres-suster, het selfs 'n liedjie, Van Jaarsveldhartedief, vir Annatjie - "my broer Bobby se meisie en 'n baie goeie vriendin van my" - geskryf. "Sy het regtig al ons Van Jaarsvelds se harte gesteel!“