"Laas toe ek met julle gepraat het was ek nog nie ‘n pa nie en vandag is ek en Annatjie die trotse ouers van die mooiste klein seuntjie. Sion van Jaarsveld." Só skryf Bobby in sy nuutste nuusbrief op sy webtuiste www.bobbyvanjaarsveld.co.za

"Ai julle, daar is geen manier wat ek vandag vir julle kan beskryf wat in my hart en wese gebeur net as ek aan hom dink nie. Hy is BEELDSKOON! Daar is so baie navrae vir foto's oor Sion en ek wil graag sommer vandag vir julle verduidelik waarom ek en Annatjie besluit het om geen fotos van Sion in die media vry te stel nie. Ek hoop ek verduidelik mooi genoeg."

Van Jaarsveld verduidelik dan dat hy aanvaar hy as sanger sy lewe van die res van die land deel, en dat dit oukei is met hom. Hy't dit immers so gekies, maar dat sy vrou en kind nie daarvoor gevrahet nie. E

"Sover dit moontlik is wil Annatjie uit tydskrifte en koerante bly. Sy is maar net nie gemaklik daarmee nie. Ek gee ook maar net om vir my gesin deur hulle privaatheid te beskerm. Die media kan partymaal ongevoelig wees. Ek gaan hulle nie hieraan blootstel nie. Hulle is vir my baie, baie spesiaal en ek sal alles in my vermoë doen om hulle te beskerm teen enigiets wat hulle dalk kan skade aandoen.

"Daar gaan dus op die stadium gee fotos van Sion aan die media gegee word nie. Dit is hoe ons op die oomblik daaroor voel en ek dink nie dit gaan verander nie."

Kry jou eie Bobby van Jaarsveld-dagbeplanner vir 2012.

Hy het self die Januarie- en Desember-boodskappe in die dagboek geskryf en die res is geskryf deur mense wat hom na aan die hart lê. Die dagbeplanner sal vanaf 25 November 2011 in winkels soos CNA en Gospel Direct beskikbaar sal wees.

"Ek glo en vertrou dat al die boodskappe in die dagbeplanner vir julle baie sal beteken op julle journey met God," sê Bobby.