Bobby se nuwe CD, Wat geld nie kan koop nie, sal teen einde September op die rakke wees. Hy't in sy Augustus-nuusbrief hieroor gesels:

"Ek is letterlik nou soos ‘n klein seuntjie wat moet wag vir sy verjaarsdag om daai eerste fiets te kry! Ek tel die dae af," skryf Bobby in sy nuusbrief.

"Ons wou sou graag al die CD op die rak gehad het, maar ek verstaan nou hoekom Coleske Artists werk soos hulle doen. Hierdie songs word oor en oor en oor en oor geluister en weer en weer en weer verander totdat hulle 110% tevrede is met die heel beste produksie.

"Ek het soveel respek vir hulle en is onsettend dankbaar om so ‘n record label agter my te hê! Hulle is die heel beste! Wat ek nou eintlik vir julle probeer sê is dat ek jammer is dat julle so lank moet wag, MAAR dat die wag die moeite werd gaan wees. Julle kan my maar glo. Die CD is nou letterlik in daai heel laaste produksie-stadium...... Hulle het my gesê die CD sal einde September op die winkel se rak wees!"

Die musiekvideo

"Een van die songs op die album se naam is ''n Vrou wil dit hoor'... Daar is rerig ‘n lekker verrassing in die video vir julle. Ons het iets gedoen wat ek nie gedink ons sal doen nie. Ek sal met ‘n tweet laat weet wanneer om uit te kyk daarvoor. Een van die scenes was in die vliegtuig waarmee Madiba ‘n paar keer gevlieg het. Ek was nog nooit in my lewe in so ‘n luukse vliegtuig nie! Dis flippen mooi. Die storielyn is baie spesiaal. Gerhard van Rooyen van Spheratical Productions het mooi gemaak!"

Die fliek

"Alles is nog baie mooi op track met die fliek wat ons in Januarie gaan skiet. Ek mag nie baie weggee nie. Al wat ek kan sê is die fliek se naam is As jy sing. Ek is ‘n onderwyser. Bok is ‘n baie streng persoon. Karlien is ‘n kok. Ek het die script gelees en daar gaan baie gelag word en verseker ook ‘n traan of drie  val."

Bobby het onlangs by Pippie Kruger en haar ma, Anice, gekuier. Hy't die foto op sy Twitterblad gedeel.

Bobby by Pippie Kruger en haar ma, Anice

Lees die volledige nuusbrief by www.bobbyvanjaarsveld.co.za

Onthou om jou kaartjies te bespreek vir Afrikaans is Groot