Hulle is deel van 21 motorfietsryers en ‘n ondersteuningspan van 20 mense wat ‘n roete van ses dae ry om mense bewus te maak van Mandela-dag hierdie Sondag (Mandela se 92ste verjaarsdag op die 18de Julie). Die groep het Dinsdag uit Johannesburg vertrek en kom Sondag in die Kaap aan.

Onder die ondersteuningspan is ook die Amerikaanse akteur Morgan Freeman.

Van die ander bekende bikers is Jack Devnarain, Jeremy Mansfield en Lehlohonolo Saint Seseli.

Achmat Dangor, uitvoerende bestuurder van die Nelson Mandela Foundation sê die doel van die rit is “om oral aan mense se harte te raak.”

Morgan Freeman het by die afskoppunt in Johannesburg gesê dis vir hom ‘n eer om deel te wees van die projek.

Uit Graaff-Reinet vertel ‘n opgewonde Hanna dat hulle gister (14 Julie) by die Lebone kinderhuis buite Bloemfontein aangedoen het en in die tuine gewerk het.

“Ek is hier om my eie liefdadigheidsorganisasie, Hanna Charity and Empowerment Foudation (lees meer by http://hannagrobler.co.za/help) te verteenwoordig. Ons samel geld in vir van hospitale ouetehuise tot kinderhuise.”

Die aktrise se inspirasie vir die rit is die woorde van Theodore Isaac Rubin: "Kindness is more important than wisdom, and the recognition of this is the beginning of wisdom."

“Dit is fantasties om deel te wees van die projek!

Bok van Blerk voel ‘n dagstukkie van Solly Osrovech, wat hy gisteroggend (14 Julie) gelees het, sal hom tydens die rit bybly.

“...dit is lekkerder om te gee as om te ontvang. Mens bereik eers jou volle potensiaal as jy iets vir ander doen.

Kyk wat hulle alles langs die pad gaan doen:

 
Dag een – 13 Julie
Besoek Matlosana (Khuma township) en deel komberse uit.

Dag twee 14 Julie
Trek bossies uit by Lebone House (Bloemfontein), begin ‘n tuin en plant bome.

Dag drie 15Julie
Besoek die De Rust plaasskool en help ‘n gebou voltooi.

Dag vier 16 Julie
Ondersteun die “Barrydale Cares for Mandela Day” Projek en deel sop en komberse uit.

Dag vyf 17 Julie
Besoek die Herberg kinderhuis op Robertson en verf mure. Deel sop uit in Wellington en inspireer ‘n sokkerspan vir seuns.

Dag ses 18 Julie
Besoek die AIDS Response centre in Khayelitsha om ‘n heining te help bou.

*Lees meer by nelsonmandela.org

* Lees ook oor die 'flying the flag'-veldtog om die passie, gees en optimisme ná die wêreldbeker te laat voortleef.